Monday, March 18, 2019

Gevind en verloore

Ons het mekaar herken
Jy het my besef
En ek het jou gesien
En ons het liefde dit genoem

Maar die jaare waarin ons stories
geskrywe was
het nogsteeds die genesing oorloop
ons was halfpad
sonder water
sonder kaart

Ek wou ons albei red
En jy wou nie stop nie
En dit maak nie saak hoeveel
Keer ons sonsondergangs toe ry
Daar kom die maan
En skaduwees hang oorals
En die lig is kort kort
Ander kant die aarde
ek kan jou gesig nie sien nie
My hart hou vas die glimmer van jou lig
Teen die nugter koue
Wat val
Ek wag al weer, n honderd keer gewag,
Ek draai weg
Voel die lengte van die pad
My roep
Om nie te gaan nie

Al het jy weer
Selfs alreeds weg gestap het
Opsoek of verlore of geroep
Weet ek nie meer nie.

No comments: